Nuwe Bydraes!
Dr. James Dobson van Focus on the Family faam, gaan voort om sy volgelinge te mislei wanneer hy aandring dat hulle Halloween moet aanvaar. Selfs wanneer Christen families aangemoedig word om dit te doen, wonder mens waarom Christene dit enigsins nodig vind om aan 'n Sataniese Swart Kuns, Fees van die Dooies, deel te neem. Ons dink sommer dadelik aan die volgende belangrike Skrifgedeeltes in hierdie verband:
Maar wie My nie wil vind nie, doen homself skade aan. Spreuke 8:36
Hy is nie God van die dooies nie maar van die lewendes. Julle is dus heeltemal aan die dwaal. Markus 12: 27
Paganisme en Suid Afrika
Wanneer die President van Suid Afrika ‘n oproep om ‘n “Afrika Renaissance” maak, wat presies bedoel hy daarmee? Roep hy ons op tot die humanisme van die Europese Renaissance wat gekulmineer het in die Franse Rewolusie en die Sowjet Gulags? Of hunker hy eenvoudig terug na die voor-Christense Paganisme en Animisme wat Afrika geteister het voordat die Evangelie hier versprei het?
Daar is egter ‘n alternatief wat Suid Afrikaners ernstig moet oorweeg; die geloof wat met sukses teen die offer van mense aksies gevoer het, slawerny verminder het en hospitale gelewer het. Die Christelike Geloof het meer positiewe veranderinge op aarde teweeg gebring as enige ander mag of beweging in die geskiedenis.
Die meederheid van die wêreld tale is aanvanklik deur Christen sendelinge gekodifiseer en op skrif gestel. Meer skole en universiteite is deur Christene opgerig as deur enige ander groep. Die Christendom het geboorte geskenk aan vryheid. Konstitusionele republieke, die skeiding van magte, beperkte regering, vryheid van gewete en die oppergesag van die reg is resultate van die Hervorming.
Hierdie is ‘n verkiesingsjaar en Suid Afrika bevind hom weereens by ‘n kruispad. Een keuse vir ons is die Afrika Renaissance met toordokters by staatsfunksies, gewettigde aborsies, pornografie, prostitusie, dobbelary, sosiale manipulasie in skole, rasse-kwotas in die werkplekke, die ontwapening van wetsgehoorsame burgers en ‘n epidemie van misdaad en geweld.
Wanneer jy begin met die basiese humanistiese veronderstelling dat die mens basies ‘n goeie wese is, dan word beleid nie langer bepaal deur wat reg is nie maar deur dit wat populêr is.
Ons wil hê dat God Suid Afrika moet seen. Maar ons kan nie van God verwag om hierdie nasie te seën terwyl ons rebelleer teen Sy Wette nie. Ons moet aandag gee tot watter mate ons die Tien Gebooie verbreek. ( Exodus 20:17).
Ons leiers is te trots om voor God in gebed neer te buig tydens die opening van die Parlement. By Staatsgeleenthede pleeg ons leiers afgodsaanbidding deur gode te aanbid wat nie God is nie. Die Naam van God word met reëlmaat op Nasionale televisie en teaters ydelik gebruik, en hierdie lastering word Konstitusioneel beskerm en word as “vermaaklik” bestempel.
Die Dag van die Here word weekliks ontheilig. Wat God ingestel het as ‘n dag van rus en ‘n Dag van Aanbidding word gekommersialiseer en misbruik vir die aanbidding van plesier.
Respek vir ons ouers en die oues van dae word oral deur wette ondermyn, die vermaaklikheids-industrie en deur die ontploffing van wreedaardige misdade teen sulke bejaardes.
Daar word elke jaar meer as 20 000 mense in Suid Afrika vermoor en ons regstelsel slaag nie daarin om die inwoners van die land daarteen te beskerm nie. Die meerderheid van die moordenaars wat ons mense terroriseer, ontsnap tydens die uitvoering van die regstelsel. Trouens, dit wil voorkom asof ons wette die regte van kriminele bevoordeel en kriminaliseer uiteindelik die slagoffer.
Nieteenstaande Suid Afrika se standpunt dat dit ‘n samelewing is waarin humanitêre reg belangrik is, word die reg van ongebore babas misken. Die regering interpreteer die reg tot lewe op so ‘n wyse dat skuldige moordenaars van die doodstraf beskerm sal word, maar nie dat onskuldige babatjies die doodstraf deur aborsie opgelê word nie.
Selfsug, gierigheid, hebsug en misleiding is deurlopend en ons het ‘n nasie geword wat vervuil is met korrupsie en diefstal. Ons konstitusie verskans die regte van pornograwe om mense wat na die beeld van God gemaak is uit te buit vir groot winste. Pornografie neem dit wat God as heilig ag en maak dit pervers. Dit neem dit wat God as iets spesiaal gemaak het en verander dit in iets walgliks, verwring dit wat God as privaat bedoel het en ontwikkel dit tot ‘n multi-miljoen rand, uitbuitende industrie.
Ons stede het ontaard in ‘n teelaarde vir kriminele en ons huise is verander tot geslote vestings. Die vryheid van beweging van die meerderheid landsburgers is ingekort deur die ewige teenwoordigheid van dreigende wrede en sinnelose aanvalle. In plaas daarvan om beslissend teen die kriminele op te tree, wil dit voorkom asof die regering eerder ontslae wil raak van die veiligheidsmaatreëls wat in die misdaadgeteisterde voorstede opgerig is, om lisensies vir vuurwapens af te keur wat vir selfverdediging benodig word deur landsburgers wat lank reeds onder misdaad lei.
Enigiemand wat ‘n voorstaander van sosialisme is of enige ander humanistiese beleid vir Suid Afrika propageer, behoort die rampspoedige gevolge van sosialisme en humanisme in die Sowjet Unie, Rooi Sjina, Oos Duitsland, Noord Korea, Kambodja, Kuba, Ethiopië, Angola, Mosambiek en Zimbabwe van nader bekyk. In elk van hierdie lande, en in elke ander sekulêre staat, het sosialisme nie daarin geslaag om ‘n regverdige, voorspoedige en vrye gemeenskap te skep wat die humanistiese leiers so vol vertroue belowe het nie.
In plaas daarvan dat die beloofde drome gerealiseer het, het humaniste konstant tevoorskyn gekom met ‘n aaklige nagmerrie burokrasie, korrupsie, onbevoegdheid en onderdrukking. Om op humanisme te bou is soos om op bewegende sand te bou (Matt 7:26-27).
Gedagtes/Idees het gevolge
Die gevolge wat voortvloei uit Ateïsme, Ewolusionisme, situasie etiek en enige ander kardinale aanhangsel van humanisme is baie tasbaar en baie tragies: genadedood, aborsie, wapenbeheer, humanistiese opvoeding in staatskole, konsentrasiekampe, massamoord en marxsistiese tirannie.
Wanneer jy God en Sy Wet uit die samelewing verwyder, verminder jy die waarde van menslike lewe en erodeer jy die enigste grondslag vir vryheid en geregtigheid.
Die enigste ander keuse beskikbaar aan ons is vir ‘n Bybelse Hervorming. Die Bybel bevat die Wet Van God, die absolute en onveranderlike beginsels waarvolgens alle gebiede van die lewe beheer moet word. Geskiedenis toon dat wanneer nasies en volke op die beginsels van God gebou het, ware vryheid en geregtigheid floreer het.
Daardie nasies wat die meeste burgerlike vryhede en voorspoed geniet het, is oor die algemeen daardie lande waar die Evangelie van Christus die grootste impak gehad het. Die Tien Gebooie verskaf die grondslag vir alle wette. Die Christen werk-etiek en die Bybelse vryemarkstelsel het gesorg vir die grootste kreatiwiteit, genialiteit en voorspoed in die geskiedenis.
Die Bybelse beginsels van beperkte, gedesentraliseerde regering – met ware skeiding van magte, opregte wigte en teenwigte en konsekwente konstitusionele regspraak – het ongekende vryheid moontlik gemaak.
“…en waar die Gees van die Here is, is daar vryheid.” 2 Cor 3:17
U het ‘n keuse: dit is die Wet van God of die Oordeel van God. Hervorming of Renaissance. Christenskap of humanisme.
“…dit moet vir almal ‘n hersteljaar wees…” Levitikus 25:10
Headlines by
PropheZine

