Free Web space and hosting from jislaaik.com
Search the Web

Wereldberaad op Volhoubare Ontwikkeling!

Tuisblad Ons Boodskap Nuwe Bydraes. Waar kry jy ons Gunsteling Skakels Nuwe Orde/Inligtingsblad 1 Inligtingsblad2 Inligtingsblad3 Inligtingsblad4 Die Kommentaar Blad

World Summit On Sustainable Development, opened in Johannesburg, South Africa, 8/26 - 9/6.

Few people have any idea what this issue really means; fewer people yet understand that this issue of "Sustainable Development" will horribly impact every private owner in the world, and could ultimately claim the lives of 2 billion people! Cutting Edge Ministries has issued a Five-Part Series of articles to explain the indepth issues that are guaranteed to grab every person living in an Industrialized country by the neck! You will also understand that these "Sustainable Development" activists have an ace up their sleeves -- scientists can and do control the weather! Nobody today is making the connection with "Sustainable Development" and "Weather Control - Weather Warfare". No body understands that this movement is powered by pagan religious doctrine.
These are the five articles in this series. These may be the most important five single articles we have ever posted.


Sustainability = Destruction of Industrial Civilization
Part 1: Occult Theological Basis For Hating This Civilization -- http://www.cuttingedge.org/news/n1693.cfm
Part 2: Weather Control and Weather Warfare -- http://www.cuttingedge.org/news/n1694.cfm
Part 3: Maps of Deadly Past Storms Greatly Conform To The U.N. Biodiversity Map of the U.S.A. -- http://www.cuttingedge.org/news/n1695.cfm
Part 4: Ultimate Goal of the Sustainable Development Plan May Be "The Coming Global Superstorm" -- http://www.cuttingedge.org/news/n1696.cfm
Part 5: Review of Book of Revelation Judgments That Turn Weather Against Wicked Man: Could Some of These Judgments Be The Result of Weather Control and Weather Warfare? --
http://www.cuttingedge.org/news/n1697.cfm


Some "talking heads" on the Mass Media have made fun of this "Sustainability Summit" currently going on, saying that the best response we could have is to simply ignore the summit and its pronouncements and agreements. Such a reaction could be fatal. Over 100 top presidents, princes, prime ministers and other leaders of key countries are attending this summit, thus lending it instant and powerful credibility.
Very few people realize that these key leaders -- like President Bush, Prince Charles, Tony Blair -- represent the power behind this summit and the entire "Sustainability"movement. Therefore, you need to thoroughly understand what this movement is and how it is likely to impact your life.

DIE KRUIS VAN JESUS CHRISTUS: GEVREES, VERBAN, ALLEDAAGS  MAAR STEEDS TRIOMFANKLIK!



Selfs wanneer opregte Christenskap wegkrummel, en afvallige, vals gelowe aan die vermeerder is, sal die Kruis van Jesus Christus uiteindelik triomfeer! Die profetiese boeke van Daniel en Openbaring verseker ons hiervan.

Suid Afrika word gekenmerk deur n mistieke liefde-haat verhouding met die kruis. Die media maak in so baie gevalle n bespotting daarvan terwyl liberale burokrate en politici n vrees daarvoor koester. Regerings-, Stads-en biblioteek administrateurs het dit al verban terwyl baie progressiewe onderwysers dit onder hul eie kleinlike sensuur plaas. Maar steeds gaan Christene voort om die kruis te dra.
Selfs modebewuste tieners regdeur ons land dra dit en winkels kan kwalik voorbly met die aanvraag daarna. In sterk teenstelling met die polisiebeampte wat weens sy vertoon van die kruis op sy lapel uit die diens ontslaan is, vertoon talle meisies dekoratiewe kruise, sonder enige werklike Christelike waarde, aan die publiek.


Ek het dit gesien en gedink dat ek dit moet kry vir die mode. So meen baie mense. Geloof het hoegenaamd geen invloed op hul keuse nie.
Verkope deur Suid Afrika bevestig hierdie nuwe tendens, en die populere ontwerpe is so verskillend soos die mens se verbeelding. Die koopmark wissel van opregte Christene tot heavy metal groepe, met die tendensgerigte groepering iewers in die middel. Baie mense het hulle na die kruis gewend nadat hulle met ander geloofsimbole soos Boeddha tot Wikka pentagramme, eksperimenteer het. In hierdie tyd van wydverspreide geestelike proefnemings, het die Christendom en hul embleme, hulself as die nuutste tendens gevestig. Hierdie gedagtes verskyn duidelik wanneer n land in die moeilikheid verkeer.


Die aanstootlikheid van die kruis.


Die trivialisering van die kruis, om dit as onbeduidend af te maak, die herdefiniering van woorde, die skeiding van Christelike simbole van hul Bybelse betekenis, is alles taktiek om weg te beweeg van vandag se kulture. Dit dui op n visie van n nuwe tipe wereld, een wat bevry is van die getrouheid aan God se onveranderlike waarheid.


Gedurende die eerste gedeelte van die 20ste eeu, het twee broers van Brittanje, Aldous en Julian Huxley, bygedra om hierdie opmars na die nuwe globale etiek te organiseer. Aldous Huxley het aan ons gedeeltes hiervan vertoon in sy klassieke 1932 boek Brave New World. Sy broer, Julian, die eerste hoof van UNESCO, het daardie visie gevestig in die VN agentskap wat verantwoordelik is vir die herskepping van die wereld deur onderwys en wetenskap. Hul bloudruk vir globale opvoeding was ontwerp om gelowe, waardesisteme, houdings en die manier van dink te verander. Feitelike opvoeding is uitgeskakel terwyl eksperimentele, gevoelsgebaseerde opvoeding aanvaar is.


Dr. Brock Chisholm, n Kanadese psigiater, en die eerste hoof van die World Health Organization, n VN agentskap wat saam met UNESCO werk, het in 1946 n boodskap getiteld The Re-Establishment of Peacetime Society die wereld ingestuur. Hierin is die globale haat vir Christus en die kruis uiteengesit. Sy twee-fase strategie sou eerstens fokus op gematigde psigo-sosiale manipulasie gebaseer op gedragswetenskap. Indien dit nie die gemeenskap sou genees van hul behoefte aan die kruis en Christus nie, sou geweld en dwang hierop volg.


Die verantwoordelikheid vir die nodige veranderinge in menslike gedrag berus uitsluitlik by die wetenskappe wat in daardie velde optree. Sielkundiges, psigiaters, sosioloe, ekonome en politici moet hierdie verantwoordelikheid aanvaar aangesien die enigste psogologiese mag wat hierdie perversiteite (skuld, vrees, isolasie ) voortbring, moraliteit is, die konsep van reg en verkeerd. "


Hy noem verder dat ons baie stadig was om die kunsmatig opgelegde minderwaardigheid, skuldgevoelens, vrees(algemeen sonde) te identifiseer. Hieronder swoeg ons en dit bring sosiale wanaanpassings en ongelukkigheid in die wereld. Ons het vir generasies gebuk gegaan onder die juk van die veroordeling van die sonde. Ons het allerhande vergifdigde werklikhede wat deur ons ouers, Sondagskool onderwysers, onderwysers, politici en predikante aan ons voorgehou is, sonder weerstand afgesluk. Indien die nasie verlos wil word van hierdie verlammende las van goed en kwaad, moet psigiaters die aanvanklike verantwoordelikheid aanvaar. Daar kan n saak uitgemaak word vir die feit dat ons ons toekoms in ons eie hande neem en sagkens die verkeerde ou wee van ons ouers vermy. Dit kan nie sagkens gedoen word nie, dit sal dalk met geweld gedoen moet word.
Vier dekades later het hierdie VN plan vir geestelike gesondheid en lewenslange studering na skole oor die wereld deurgewerk. Met die aankondiging deur Kader Asmal van die Kurrikulum 2005 onderwysplan, het hy aan ons die nuutste weergawe van die globale program gegee. Selfs oud President Bush het reeds in 1991 n soortgelyke program nagestreef toe hy gese het:


Nations that stick to stale old notions and ideologies will falter and fail. So I'm here today to say, America will move forward.... New schools for a new world.... Re-invent--literally start from scratch and reinvent the America school.... Our challenge amounts to nothing less than a revolution in American education.
Dit laat mens onmiddelik wonder of Kader Asmal ook die woorde stale old notions and ideologies in gedagte het met sy onderwyspaln vir Suid Afrika. Dan besef n mens waarom die vorige Grondwet en die ou Christelike waarhede nie langer in Suid Afrika van toepassing mag wees nie, aangesien nie een daarvan in lyn is met die nuwe visie van n bestuurde, aanpasbare wereld nie. Daar is dus letterlik begin met starting from scratch en reinvent hier in Suid Afrika.


Neil Postman, die skrywer van Amusing Ourselves to Death, het begrip vir hierdie sosialistiese strategiee gehad. Hy het ook die waarde van die krag en mag van die kooperatiewe media, om hierdie hunkering na nuwe wereld en die afskaling van ou oortuigings uit te bou, verstaan. Ter illustrasie van hedendaagse manipulasie van ons gedagtes, het hy n interessante kontrasterende vergelyking tussen twee bekende totalitere beskouings gemaak. Hy het na Huxley se Brave New World en Orwell se 1984 gekyk, en soos volg rapporteer: Orwell was bevrees dat die waarheid van ons verberg sou word. Huxley was bevrees dat die waarheid in n see van irrelevansie sou verdrink Orwell was bevrees dat ons n gevange samelewing sou word. Huxley was bevrees dat ons in n niksseggende kultuur vasgevang raak; in n soort van gevoelslewe (feelies). In 1984 word mense beheer deur pyn toe te pas. In Brave New World word hulle beheer deur plesier toe te pas. In kort, Orwell het gevrees dat dit wat ons haat ons sal vernietig. Huxley vrees dat liefde ons sal ruineer.


Die geestelike oorlog teen Christus en die kruis word op beide fronte voortgesit. Die aanslag op godsdienstige vryheid sluit aan by Orwell se visie. Die vloed van beelde en suggesties wat tradisionele geloof vertroebel, die Bybelse waardes verwring en Christen woorde niksseggend maak, sluit aan by die visie van Huxley.


Terwyl Orwelliaanse onderwerping baie mense tot stilte en inskiklikheid intimideer, wek dit ook geloof op en veroorsaak weerstand. Maar Huxley se feelies verdoof eenvoudig ons denke en lei ons aandag tot so n mate af dat onbenullighede die norm raak en Bybelse oortuigings n ondraaglike uitdrukking van afwyking en ekstremisme raak..


Die Oorwinning van die kruis


n Kruis gesuiwer van enige Christelike betekenis affronteer niemand nie. Maar die kruis wat deur n navolger van Christus gedra word, stuur n boodskap wat baie mense onaanvaarbaar vind. In n wereld wat deur teenstrydige oortuigings bedreig word, vereis hierdie wereld n onderwerping wat hul waardes bekragtig en nie God se waardes nie. Dit soek na goedkeuring, nie waarhede nie. Daarom meld die Bybel dn ook in Johanne 3:19 dat die mense eerder die duisternis as die lig liefgehad het, want hul dade was sleg.
Maar hulle wat God lief het, wat met Hom gekruisig is, gevul met Sy lewe en wat wandel in Sy lig, kan nie die duisternis goedkeur nie. Hulle is in hierdie wereld maar nie van hierdie wereld nie. Hulle kan God se liefde versprei, maar hulle kan nie dit liefhe wat deur God verbied word nie. Hulle is burgers van die Hemel en hul oe is op die ewigheid gevestig. Maar die wereld noem hulle ekstremiste want die wereld verstaan nie.


Jesus se daarom aan ons: As hulle My vervolg het, sal hulle julle ook vervolg. ( Joh 15:20). Die kruis hits vervolging aan, selfs in Suid Afrika. n Toenemende hoeveelhid onversetlike Christene kan getuig van beide die weerstand teen die kruis en die vreugde om in Christus se lyding te kan deel. Baie Christene worstel in vandag se lewe met die feit dat hulle nie die Geskrifte soos Handelinge 5:29 mag ignoreer nie.Hierin word duidelik gestel: n mens moet eerder aan God gehoorsaam wees as aan mense. Die mens se gewete se dat hy aan God eerder as mense gehoorsaam moet wees en as Suid Afrikaner het ons daardie reg. Moet ons dan nie deur geloof en met ons hele lewe daardie reg uitoefen nie?
Aan die einde doen ons dit dalk, ten koste daarvan dat ons kan ly vir ons God. Is ons bereid om so n onpopulere standpunt in te neem en die gevolge daarvan te dra? Dit is dan wanneer ons die woorde van Paulus ter harte moet neem wanneer hy in Filippense 3: 7-10 se: Maar wat eers vir my n bate was, beskou ek nou as waardeloos ter wille van Christus, ja, nog meer: ek beskou alles as waardeloos, want om Christus Jesus, my Here, te ken, oortref alles in waarde. Ter wille van Hom het ek alles prysgegee en beskou ek dit as verwerplik sodat ek Christus as enigste bate kan verkry en een met Hom kan wees: vrygespreek, nie omdat ek die wet onderhou nie, maar omdat ek in Christus glo. Dit is die vryspraak wat God gee omdat n mens in Hom glo. Al wat ek wens, is om Christus te ken, die krag van Sy opstanding te ondervind en deel te he aan Sy lyding deur Hom gelyk te word in Sy dood.


Onder moeilike omstandighede is dit soms nie moontlik om die triomfanklikheid van die kruis waar te neem nie. Jesus se dissipels het dit maar al te goed geweet. Met seer harte het hulle Sy kruisiging dopgehou. Vir drie dae het hulle gestoei met die twyfel en die wanhoop wat hulle wou oorrompel. Hulle het nie besef dat die beloofde opstanding van Christus inderdaad die dood en die graf sou oorwin nie. Ons weet dit het! En ons weet ook goed dat die pad van die kruis pyn en vreugde bring. God se pad na bo mag dalk eers na onder lei; Sy oproep tot oorwinning mag aanvanklik na n mislukking lyk; en Sy oproep tot eenheid met Christus beteken n skeiding met die maniere en waardes van die wereld, n verwydering wat sosiale skeppers deur die eeue in woede gelaat het.


Die wereld se vyandigheid skeel God se ware vriende egter min. Hulle ken die rykdom van ewige geskenke wat deur die kruis aan hulle gegee is, verlossing, vergifnis, vryheid van sonde, die volheid van die Heilge Gees, n nuwe identiteit en die krag wat daagliks nodig is om in Christus te triomfeer. Deur sy keuse vir Christus het Paulus die haat van mense, vervolging, loesings, steniging, tronkstraf, honger en uiteindelik martelaarskap ervaar. Maar sy lyding vir Christus het nie sy vreugde gedemp nie. Hy het die prys daarvoor oorweeg en het iets oneindig meer as al die geroemde opwinding en skatte van die aarde ontvang; hy het die gemeenskap met Christus ontvang, die Here van almal, nou en verewig.


Om hierdie rede word ons nie moedeloos nie. Al is ons uiterlik besig om te vergaan, innerlik word ons dag tot dag vernuwe. Ons swaarkry in hierdie lewe is maar gering en gaan verby, maar dit loop vir ons uit op n heerlikheid wat alles verreweg oortref en wat ewig bly. Ons oog is nie op die sigbare dinge gerig nie, maar op die onsigbare; want die sigbare dinge is tydelik, maar die onsigbare is ewig.( 2 Kor 4:16-18)