Free Web space and hosting from jislaaik.com
Search the Web

Die Snykant Boodskap?

Tuisblad Ons Boodskap Nuwe Bydraes. Waar kry jy ons Gunsteling Skakels Nuwe Orde/Inligtingsblad 1 Inligtingsblad2 Inligtingsblad3 Inligtingsblad4 Die Kommentaar Blad

Gevare van die "Nuwe Gedagte"

 

Die Bybel word alhoemeer beskou as 'n ou boek of geskrif wat onderwerp moet word aan wetenskaplike ondersoeke. Die Moderniste en Post-moderniste se uitgangspunt is sogenaamd wetenskaplik en objektief, soos deur hulself vasgestel en gedefinieer. Maar eerder kan hul werk getipeer word as menslike "wysheid" en eiesinnigheid wat geinspireer en voortgedryf word deur die Satan en sy magte, soos in Efesiers 6:11-12 aangedui is.

Hul uiteindelike doelwit?

Die uiteindelike mikpunt is die verkryging van een wereldkerk net soos daar op politieke gebied gestreef word na een wereldregering en een wereld ekonomie in die Nuwe Wereld Orde.
Die "New Thought" wat die Christendom binnedring, verplaas die mens se verwagtinge na die aardse dinge. Baie Christene is vandag min geinteresseerd in die Bybelse profesiee omdat hulle in die Nuwe Orde-denkpatroon van aardse geluk en vrede verval het. Hulle het in die humaniste se geloof dat die mens homself op aarde kan vind en op die basis van 'n algehele broederskap kan leer om in liefde met almal saam te leef en so sy volle potensiaal te ontgin, begin deel.

Ons Doelwit : Om die Waarheid, wat soms nie aangenaam is om te hoor nie, te versprei.!

Leer,Verstaan, en Glo is die behoud van die Siel!

Die Snykant sal nie in enige argumente betrokke raak oor die inhoud van hul blad nie! Geeneen hoef te glo wat hul lees nie, maar die waarskuwing is daar vir almal om te verstaan.